| |||||
Nasionale leuse: Forward, Upward, Onward, Together (Engels vir: "Voorwaarts, opwaarts, verder, tesame") | |||||
Volkslied: March On, Bahamaland (Engels vir: "Maart Vorentoe, Bahamaland") Koninklike volkslied: God Save the King (Engels vir: "God beskerm die koning") | |||||
Hoofstad | Nassau | ||||
Grootste stad | Nassau | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie[1][2] Charles III Cynthia A. Pratt Philip Davis | ||||
Onafhanklikheid • van die Verenigde Koninkryk
|
10 Julie 1973[3] | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
13 878 km2 (155ste) 5 358 myl2 28 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2022-sensus - Digtheid |
400 516 (170ste) 399 314[4] 25,21 / km2 (181ste) 65,3 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,812[6] (55ste) – hoog | ||||
Gini (2001) | 57[7] – hoog | ||||
Geldeenheid | Dollara (BSD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OTS (UTC-5) ODS (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .bs | ||||
Skakelkode | +1-242 | ||||
a. Die Amerikaanse dollar word algemeen aanvaar. |
Die Bahamas (Engels: The Bahamas, [bəˈhɑːməz], ), amptelik die Gemenebes die Bahamas (Commonwealth of the Bahamas), is 'n eilandstaat in die Noord-Atlantiese Oseaan. Die land sluit bykans 3 000 eilandjies in en bestaan uit lang, lae koraalformasies en lae heuwels.[8] Die Bahamas-eilande is oos van Florida, noordoos van Kuba, noordwes van die Turks- en Caicoseilande en Hispaniola, en suidwes van Bermuda geleë. Die hoofstad en grootste stad is Nassau. Dit het 'n oppervlakte van 13 878 km² en het 'n bevolking van 400 516 in 2022 gehad. Die Bahamas is naas Kuba, die Dominikaanse Republiek en Haïti die vierde grootste eilandstaat van die streek.[9] Danksy die plek se mooi strande en warm weer is dit 'n gewilde toeristebestemming.[8]
Die naam van die Bahamas is óf van die Taino-word ba ha ma ("groot boonste middelland") wat deur die inheemse Indiane gebruik is, óf van die Spaanse baja mar ("vlak water of see" of "laagwater") vir die vlak water van die gebied, afgelei. Die Bahamas is net een van twee lande waarvan die algemene Engelse naam met 'n lidwoord begin, die ander is Gambië (The Gambia).[10]
Christophorus Columbus het die Nuwe Wêreld in 1492 vir die eerste keer betree en die Bahamas vir Europa ontdek, maar dit het nooit 'n Spaanse kolonie geword nie. In 1648 is dié eilandgroep deur Engelse koloniste bevolk en het in 1718 'n Britse kroonkolonie geword. Na die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog het Amerikaanse lojaliste onder leiding van Andrew Deveaux in 1783 Nassau ingeneem. Vervolgens het duisende lojaliste hulle op die eilandgroep gevestig en hul slawe saamgebring. Pogings om op groot skaal plantasies te stig het nogtans misluk. Die plaaslike grond was nouliks geskik vir die verbouing van tradisionele plantasiegewasse. In 1834 is slawerny amptelik afgeskaf. Vandag maak die nasate van slawe en vrye-Afrikane byna 90% van die Bahamas se bevolking uit. Op 10 Julie 1973 het die Bahamas van die Verenigde Koninkryk onafhanklik verkry.
Die Bahamas is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Volgens die bruto binnelandse produk per kapita is die Bahamas een van die rykste lande van die Amerikas (naas Kanada en die Verenigde State). Die ekonomie is veral op toerisme en finansiële dienste gebaseer.[11]