Baie Groot Teleskoop | ||||
Die vier teleskoopeenhede wat saam met hulpteleskope die BGT vorm. | ||||
Ander naam | Very Large Telescope | |||
Sterrewag | Paranal-sterrewag | |||
Tipe | Optiese teleskoop Ritchey-Chrétien teleskoop | |||
Organisasie | Europese Suidelike Sterrewag | |||
Eerste lig | 1998 | |||
Webtuiste | www.eso.org/public/teles-instr/vlt | |||
Ligging | ||||
Plek | Atacamawoestyn, Chili | |||
Hoogte | 2 635 m (8 645 vt) | |||
Koördinate | 24°37′38″S 70°24′15″W / 24.62722°S 70.40417°W | |||
Tegniese besonderhede | ||||
Deursnee | 4 x 8,2-meter Unit Telescopes (UT) 4 x 1,8-meter beweeglike Auxiliary Telescopes (AT) | |||
Montering | Altasimut | |||
Fokuslengte | 120 m (393 vt 8 in) | |||
Golflengte | 300 nm – 20 μm | |||
|
Die Baie Groot Teleskoop of BGT (Engels: Very Large Telescope of VLT) is ’n teleskoopaanleg van die Europese Suidelike Sterrewag in die Atacamawoestyn van Noord-Chili. Die BGT bestaan uit vier individuele teleskope, elk met ’n primêre spieël van 8,2 m breed; hulle word gewoonlik apart gebruik, maar kan ook saam ingespan word om ’n baie hoë hoekresolusie te behaal.[1] Die vier aparte teleskope is bekend as Antu (Son), Kueyen (Maan), Melipal (Suiderkruis) en Yepun (Aandster), wat alles woorde is in Mapudungun, die taal van die streek se Mapuche-volk. Die teleskope vorm ’n versameling wat aangevul word deur vier beweeglike hulpteleskope met ’n lensopening van 1,8 m.