Beesagtiges | |
---|---|
Buffel (Syncerus caffer) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Bovinae Gray, 1821
|
Die beesagtiges of runderagtiges (subfamilie Bovinae van die familie Bovidae) omvat 'n diverse groep van 10 genera van medium tot groot hoefdiere, insluitend beeste, bisons, die buffel, waterbuffels, jak en die vierhoring- en spiraalhoring-antilope. Die ewolusionêre verwantskappe van die lede van hierdie groep is nog bestrede, en hul klassifikasie in breë sibbes eerder as formele subgroepe reflekteer hierdie onsekerheid. Algemene eienskappe sluit in die gesplete hoewe en gewoonlik horings by minstens een van die genders. Die grootste ekstante spesie is die gaur (of Indiese bison).
In baie lande word melk en vleis van hierdie diere verkry. Beeste word in meeste lande aangehou as vee, behalwe in dele van Indië en Nepal waar hulle deur Hindoe-gelowiges as heilig beskou word. Beesagtiges word ook ingespan as trek- of rydiere. Klein rasse soos die miniatuurseboe word ook as troeteldiere aangehou.
Die runderagtiges is massief geboude graseters waarvan albei geslagte horings het. Die tande is spesiaal daarvoor aangepas. Soos alle herkouers het hulle 'n maag wat uit vier dele bestaan.
Die meeste runderagtiges word in die natuur in groot kuddes op grasvlaktes aangetref, maar sommige van hulle leef in woude. Met uitsondering van Suid-Amerika en Australië het runderagtiges ’n wêreldwye verspreiding. Die mak beeste wat vandag op groot skaal vir vleis-, melk- en suiwelproduksie gebruik word, stam meestal van die Europese bees af. Die oorspronklike vorm het egter reeds uitgesterf.