Belgiese nasionale rugbyspan

België
Unie Belgium Rugby (BR)
Bynaam(e) Zwarte Duivels (nl) / Diables noir (fr) / Schwarze Teufel (de) (Swart duiwels)
Embleem Belgiese leeu
Stadion Nelson Mandela-stadion, Brussel
Afrigter(s) Vlag van Frankryk Laurent Dossat (sedert 2024)
Kaptein(s) Jens Torfs
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Thomas Dienst (27)[1]
Meeste punte Alan Williams (173)[2]
Meeste drieë Thomas de Molder (5)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Eerste nieamptelike toetswedstryd
Vlag van Nederland Nederland 0–6 België Vlag van België
(Den Haag, Nederland; 1 Julie 1930)
Eerste amptelike toetswedstryd
Vlag van Nederland Nederland 6–6 België Vlag van België
(Amsterdam, Nederland; 13 Maart 1932)
Grootste oorwinning
Vlag van België België 94–3 Verenigde Arabiese Emirate Vlag van Verenigde Arabiese Emirate
(Doebai, Verenigde Arabiese Emirate; 8 Desember 2012)
Grootste nederlaag
Vlag van Spanje Spanje 77–0 België Vlag van België
(Madrid, Spanje; 8 Desember 1996)
Unie webwerf
www.rugby.be

Die Belgiese nasionale rugbyspan (Duits: Belgische Rugby-Union-Nationalmannschaft; Frans: Équipe nationale de Belgique de Rugby de XV; Nederlands: Belgisch rugbyteam) is die nasionale rugbyspan wat België in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in België geadministreer deur Belgium Rugby (BR) wat in 1931 gestig is. Hulle dra die bynaam “Swart duiwels”. België word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Belgiese rugbyspan is tans (Oktober 2024) 30ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

België het in 1930 sy eerste nieamptelike toetswedstryd teen Nederland gespeel; hul eerste amptelike toetswedstryd het twee jaar later plaasgevind. In die daaropvolgende jare het albei spanne gereeld ontmoet. Van die ander opponente in die begintydperk was Italië en Duitsland. In 1934 was België een van die stigtingslede van die Fédération internationale de rugby amateur (FIRA, nou Rugby Europa) wat as mededinger tot die destydse eksklusiewe, Angel-Saksies oorheersde Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR, nou Wêreldrugby) gestig is.[5] Sedert die 2000’s het die rugbysport in België verder ontwikkel en die keurspan lok intussen gereeld skare van sowat 1 000 tydens tuiswedstryde. België speel die meeste van sy toetswedstryde tydens die Europese Rugbykampioenskap, waar hulle met ander opkomende rugbyspanne meeding. Die nasionale span se beste prestasies tot dusver is die promosie na die eerste vlak in 2010, 2014 en 2022. België kon tot dusver nog nie vir ’n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Die Belgiese span speel tradisioneel in rooi-swart-gestreepte truie met swart broeke en swart sokkies.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 24 Oktober 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 24 Oktober 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 24 Oktober 2024.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 24 Oktober 2024.
  5. (en) "Historical Rugby Milestones 1930s". Rugby Football History. Besoek op 24 Oktober 2024.

Developed by StudentB