| |||||
Nasionale leuse: Fraternité, Justice, Travail (Frans vir: "Broederskap, Geregtigheid, Arbeid") | |||||
Volkslied: L'Aube Nouvelle (Frans vir: "Die aanbreek van 'n nuwe dag") | |||||
Hoofstad | Porto-Novoa | ||||
Grootste stad | Cotonou | ||||
Amptelike tale | Frans | ||||
Regering | Presidensiële republiek Patrice Talon | ||||
Onafhanklikheid • van Frankryk
|
1 Augustus 1960 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
114 763[1] km2 (100ste) 44 310 myl2 0,4 | ||||
Bevolking - 2016-skatting - 2013-sensus - Digtheid |
10 872 298[2] (82ste) 10 008 749[3] 78,1 / km2 (120ste) 202,2 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2017) | 0,515[5] (163ste) – laag | ||||
Gini (2015) | 47,8[6] – hoog | ||||
Geldeenheid | CFA-frank (XOF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .bj | ||||
Skakelkode | +229 | ||||
a. Cotonou is die regeringsetel. Skattings vir hierdie land reken die effek van sterftes as gevolg van Vigs is; dit kan lei tot laer lewensverwagting, hoër sterftesyfers en veranderinge in die verspreiding van die bevolking volgens ouderdom en geslag as wat normaalweg verwag sou word. |
Benin (Frans: Bénin, [benɛ̃], ), amptelik die Republiek Benin (République du Bénin), is 'n republiek in Wes-Afrika met golwende vlaktes, heuwels en lae berge. Dit lê aan die Bog van Benin en grens aan Niger in die noorde, Nigerië in die ooste, Togo in die weste en Burkina Faso in die noordweste. Landbou is die vernaamste bron van inkomste. Die staat is ’n lid van die Afrika-unie.[7]
Benin beslaan 'n oppervlakte van 114 763 km² en het 'n bevolking van 10 872 298 in 2016 gehad. Die hoofstad is Porto-Novo, terwyl die grootste stad Cotonou is.
Benin was in die koloniale tydperk as die "Slawekus" bekend. In die 16de eeu ontstaan die eerste Portugese nedersettings, wat veral vir slawehandel gebruik is. Slawe is deur die Portugese, later ook Britte, Dene en Franse, van die inheemse stamhoofde gekoop en na die Amerikas gebring. In die jaar 1885 was daar nog steeds slawe in Benin verkoop.
Ná die Franse verowering, wat in 1894 voltooi is, word die gebied 'n kolonie van Frankryk. Die land dra na sy onafhanklikheid in 1960 die naam Dahomey, maar neem in Desember 1975 die naam van die ou Nigeriese Koninkryk Benin aan.