Benito Mussolini | |
Regeringshoof van Italië en Duce van Fascisme
| |
Ampstermyn 24 Desember 1925 – 25 Julie 1943 | |
Monarg | Victor Emmanuel III |
---|---|
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
27ste Eerste Minister van Italië
| |
Ampstermyn 31 Oktober 1922 – 25 Julie 1943 | |
Monarg | Victor Emmanuel III |
Voorafgegaan deur | Luigi Facta |
Opgevolg deur | Pietro Badoglio |
Duce van die Italiaanse Sosiale Republiek
| |
Ampstermyn 23 September 1943 – 25 April 1945 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Eerste Maarskalk van die Ryk
| |
Ampstermyn 30 Maart 1938 – 25 Julie 1943 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 29 Julie 1883 Predappio, Forlì, Italië |
Sterf | 28 April 1945 Giulino, Como, Italië |
Politieke party | Republikeinse Fascistiese Party (1943-1945) Nasionale Fascistiese Party (1921-1943) Italiaanse Fasci van die geveg (1919-1921) Fasci revolusionêre Aksie (1914-1919) Outonome Fasci Rewolusionêre Aksie (1914) Italiaanse Sosialistiese Party (1901-1914) |
Eggenoot/-note | Rachele Mussolini |
Kind(ers) | 6 |
Religie | Geen (Ateïsme) |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Italië Italië |
Diens/Tak | Koninklike Italiaanse weermag |
Jare in diens | 1915–1917 |
Rang | Eerste Maarskalk van die Ryk Korporaal |
Eenheid | 11de Bersaglieri Regiment |
Oorloë/Veldslae | Eerste Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog |
Benito Amilcare Andrea Mussolini (29 Julie 1883 - 28 April 1945) het Italië regeer as 'n diktator vanaf 1922 tot 1943. Hy was die stigter van 'n anti-demokratiese, fascistiese staat deur gebruik te maak van propaganda; deur die totale beheer van die media, het hy die bestaande demokratiese regeringstelsel afgebreek. Anders as die Nasionaal-Sosialistiese bewind in die Duitse Ryk het Mussolini 'n bloeiende kunslewe bevorder. Ook was Italië die eerste diktatoriale staat in Europa wat ná die Eerste Wêreldoorlog 'n grootskaalse program van stadsbeplanning geloods en nuwe argitektoniese visies verwesenlik het waarin ook modernisme 'n belangrike rol sou speel.[1]
Italië het in 1870 'n eenheidstaat met 'n parlementêre demokrasie geword. Die politieke stelsel was nie net jonk nie, maar ook vol swakhede; die bestaande partye het probleme ondervind om regeringskoalisies te vorm sodat 'n parlementêre meerderheid verkry kon word. Dit het gelei tot uitgebreide korrupsie, wat die aansien van die demokrasie in die oë van die bevolking geskaad het.
Die onderskeie regerings het min aandag gegee aan die oplossing van die binnelandse sosiaal-ekonomiese probleme, wat veral ná 1918 vererger het. Dit het die sosiale onrus laat toeneem en 'n vrees vir 'n Bolsjewistiese revolusie by die gevestigde burgery laat ontstaan. Mussolini se optrede het by talle mense die hoop laat ontstaan dat hy die oorsake van hul ontevredenheid en angs uit die weg sou kon ruim. In die vestiging van sy Fascistiese staat het Mussolini hierdie verwagtinge tot sy voordeel aangewend.