Benuerivier | |
---|---|
Die Benuerivier naby Yola, Nigerië. | |
Die stroomgebied van die Benuerivier. | |
Oorsprong | Adamaouabergte (Kameroen) |
Monding | Nigerrivier, Nigerië Lokoja |
Stroomgebied | Kameroen, Nigerië |
Lengte | 1 400 km[1] |
Oorspronghoogte | 1 100 m |
Gemiddelde afloop | 3 400 m³/s[2] |
Stroomgebiedopp. | 1 000 km²[3] |
Die Benuerivier (Engels: Benué River; Frans: la Bénoué; Bantoe Tschadda, letterlik "Moeder van Waters") is 'n groot wes-vloeiende rivier in Wes-Afrika. Die rivier is met 'n lengte van 1 400 km die grootste sytak van die Nigerrivier.
Die Benuerivier ontspring in die suidelike Hoogland van Adamaua noord van Ngaoundéré in Kameroen net wes van Tsjad. Aansluitend vloei die rivier in 'n groot boog in 'n noordelike rigting, voordat dit naby Garoua weswaarts vloei. Aansluitend kruis die Benuerivier die grens van Nigerië en bereik die stad Yola. Verder in die weste mond die Gongolarivier, die Benuerivier se grootste sytak, uit. Hiervanaf vloei die rivier in 'n suidwestelike rigting tot by Makurdi en aansluitend verder weswaarts. Vir die laaste deel vloei die Benuerivier in 'n westelike rigting, voordat dit in die suidelike sentrum van Nigerië net suid van die hoofstad Abuja in die Nigerrivier uitmond. By die samevloeiing is die Benuerivier groter as die Niger.
Die Benuerivier is in 1851 deur die Duitse Afrika-verkenner Heinrich Barth ontdek en in 1854 deur sy landsgenoot Eduard Vogel besoek. Die Skotse William Balfour Baikie het die rivier in 1854 en 1857–58 vir die eerste keer met 'n stoomboot tot die grens by Adamaua bevaar. Sedertdien is die onderloop verskeie keer bevaar, soos deur Gerhard Rohlfs, Adolph Burdo en Eduard Flegel, wie in 1882 ook die Benuerivier se bron ontdek het.
Die rivier was in die 19de eeu 'n belangrike vertrekpunt na Sentraal-Afrika. Die belangrikste hawestad is Yola, waar jaarliks tussen 60 en 80 ton ivoor gehandel is. Vanaf Adamaua het die Benuerivier die grens tussen die Sokoto-kalifaat en die kleiner lande suid daarvan in Swart-Afrika gevorm.