Beringsee | |
---|---|
’n Nasa-satellietfoto van die Beringsee – Alaska is regs bo en Rusland links bo | |
Die Beringsee en die noordelike Stille Oseaan | |
Koördinate: | 58°N 178°O / 58°N 178°O |
Ligging: | Siberië (Rusland), Alaska (Verenigde State |
Soort: | See van die Stille Oseaan |
Oppervlakte: | 2 000 000 km² (770 000 myl²) |
Invloei: | Anadirrivier, Kuskokwimrivier, Yukonrivier |
Eiland/e: | Karaginski, Kommandeur, Nunivak, Pribilof, Sint Lawrence, Sint Matthew |
Nedersettings: | Anadir |
Die Beringsee is ’n binnesee van die Stille Oseaan.[1][2] Dit is ’n relatief vlak see.
Die see word deur die Alaska-skiereiland geskei van die Golf van Alaska. Die oppervlakte is meer as 2 000 000 km². Dit word in die ooste en noordooste deur Alaska begrens, in die weste deur Rusland se Verre Ooste en die Kamtsjatka-skiereiland, in die suide deur die Alaska-skiereiland en die Aleoete-eilande en in die verre noorde deur die Beringstraat, wat die Beringsee en die Arktiese Oseaan se Tsjoekotkasee verbind. Die see is genoem na Vitus Bering, ’n Deense navigator in Russiese diens wat in 1728 die eerste Europeër was wat dit stelselmatig verken het.
Die Beringsee-ekostelsel sluit bronne van Amerika en Rusland in, sowel as van internasionale waters.[3] Die interaksie tussen strome, see-ys en weer maak dit ’n lewendige en produktiewe ekostelsel.