Biologiese oorlogvoering

Biologiese oorlogvoering (BW) - ook bekend as kiemoorlogvoering - is die gebruik van biologiese gifstowwe of aansteeklike agente soos bakterieë, virusse, insekte en swamme met die doel om mense, diere of plante dood te maak as 'n oorlogsdaad. Biologiese wapens (wat dikwels 'bio-wapens', 'biologiese bedreigingsagente' of 'bio-agente' genoem word) is lewende organismes of repliserende entiteite (virusse wat nie as 'lewendig' beskou word nie). Entomologiese (insek) oorlogvoering is 'n subtipe van BW. Giftige organiese stowwe wat deur lewensvorme geproduseer word, word ook as deel van biologiese oorlogvoering beskou.

Biologiese oorlogvoering is te onderskei van kernoorlogvoering en chemiese oorlogvoering, wat saam met biologiese oorlogvoering beskou word volgens die militêre akroniem as KBC (kern-, biologiese en chemiese oorlogvoering, in Engels as NBC) beskou. Hierdie drie wapens word beskou as wapens van massavernietiging (weapons of mass destruction - WMD's). Konvensionele wapens daarenteen word hoofsaaklik vanweë hul plofbare, kinetiese of brandende potensiaal ontplooi.

Biologiese wapens kan op verskillende maniere gebruik word om 'n strategiese of taktiese voordeel bo die vyand te kry, hetsy deur dreigemente of deur daadwerklike ontplooiings. Soos sommige chemiese wapens, kan biologiese wapens ook nuttig wees as wapens om gebiede ontoeganklik te maak. Hierdie middels kan dodelik of nie-dodelik wees en kan teen 'n enkele individu, 'n groep mense of selfs 'n hele bevolking gebruik word. Dit kan ontwikkel word, aangeskaf, gestoor of ontplooi word deur state of deur nie-staatsgroepe. In laasgenoemde geval, of as 'n staat dit klandestien gebruik, kan dit ook as bioterrorisme beskou word.[1]

Biologiese oorlogvoering en chemiese oorlogvoering oorvleuel tot 'n mate, aangesien die gebruik van gifstowwe wat deur sommige lewende organismes geproduseer word, onder die bepalings van die Biologiese Wapenkonvensie en die Chemiese Wapenkonvensie verbied word. Daar word dikwels na gifstowwe en psigochemiese wapens verwys as middenspektrumagente. Anders as biowapens, reproduseer hierdie middelspektrumagente nie in hul gasheer nie en word dit tipies gekenmerk deur korter inkubasietydperke.[2]

Die gebruik van biologiese wapens is verbode volgens die internasionale humanitêre reg[3], sowel as ingevolge 'n verskeidenheid internasionale verdrae.[4] Die gebruik van biologiese agente in gewapende konflik is 'n oorlogsmisdaad.[5]

  1. Wheelis, Mark; Rózsa, Lajos; Dando, Malcolm (2006). Deadly Cultures: Biological Weapons Since 1945. Harvard University Press. pp. 284–293, 301–303. ISBN 978-0-674-01699-6. {{cite book}}: Onbekende parameter |name-list-format= geïgnoreer (hulp)
  2. Gray, Colin (2007). Another Bloody Century: Future Warfare. Phoenix. pp. 265–266. ISBN 978-0-304-36734-4. {{cite book}}: Onbekende parameter |name-list-format= geïgnoreer (hulp)
  3. Rule 73. The use of biological weapons is prohibited. Geargiveer 12 April 2017 op Wayback Machine, Customary IHL Database, International Committee of the Red Cross (ICRC)/Cambridge University Press.
  4. Customary Internal Humanitarian Law, Vol. II: Practice, Part 1 (eds. Jean-Marie Henckaerts & Louise Doswald-Beck: Cambridge University Press, 2005), bl. 1607–10.
  5. Alexander Schwarz, "War Crimes" in The Law of Armed Conflict and the Use of Force: The Max Planck Encyclopedia of Public International Law Geargiveer 12 April 2017 op Wayback Machine (eds. Frauke Lachenmann & Rüdiger Wolfrum: Oxford University Press, 2017), bl. 1317.

Developed by StudentB