Bloes

Kroonprinses Victoria dra 'n wit bloes

'n Bloes is 'n lospassende boonste kleed wat voorheen deur werkers, boere, kunstenaars, vroue en kinders gedra is.[1] Dit word gewoonlik by die middellyf of heupe saamgebind (met 'n lyfband of gordel), sodat dit losweg hang[2] oor die draer se liggaam.[1] Deesdae verwys die woord meestal na 'n meisie of vrou se rokhemp[3] maar kan ook verwys na 'n manshemp as dit 'n lospassende styl het (bv. die digterhemde en kossakhemde).[4] Tradisioneel word die term gebruik om te verwys na 'n hemp wat uitbloes of 'n onmiskenbare vroulike voorkoms gee.

  1. 1,0 1,1 The Concise Oxford English Dictionary
  2. "blouse – definition of blouse by the Free Online Dictionary, Thesaurus and Encyclopedia" (in Engels). Thefreedictionary.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2014. Besoek op 14 Augustus 2012.
  3. "Glossary B # 3" (in Engels). Apparelsearch.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 14 Augustus 2012.
  4. Gavenas, Maria Lisa.

Developed by StudentB