| |||||
| |||||
Leuse: Tshwaraganang Lo Dire Pule E Ne | |||||
Volkslied: Lefatshe leno la bo-rrarona | |||||
Ligging van Bophuthatswana in Suid-Afrika | |||||
Hoofstad | Mmabatho | ||||
Taal/Tale | Tswana, Engels, Afrikaans | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | Lucas Mangope | ||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Historiese tydperk | Apartheid | ||||
- Stigting | 6 Desember 1977 | ||||
- Weer ingelyf in Suid-Afrika | 27 April 1994 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1994 | 40 000 km2 15 444 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1994 skatting | 2 000 000 | ||||
Digtheid | 50 /km² 129,5 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Suid-Afrikaanse Rand |
Bophuthatswana (Tswana vir vergaderplek vir die Tswanavolk), amptelik die Republiek van Bophuthatswana was ’n Bantoestan (tuisland) in die noorde van Suid-Afrika. Dit het 'n oppervlak van sowat 40 000 vierkante kilometer beslaan en uit sewe ingeslote grondgebiede versprei deur die vorige Suid-Afrikaanse provinsies van die Kaap, Transvaal en Oranje-Vrystaat bestaan. Die hoofstad, Mmabatho, was in ’n gebied aangrensend aan Botswana geleë. Die tuisland was geskep om Tswanasprekende mense te huisves, en in 1983 het dit meer as 1,43 miljoen inwoners gehad.
In 1971 is Bophuthatswana selfregering gegun en onafhanklikheid is op 6 Desember 1977 verklaar, met Opperhoof Lucas Mangope as staatshoof aangestel. Aan die begin van 1994 word hy deur 'n tussentydse regering vervang, en na die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994, word die tuisland by die Republiek van Suid-Afrika tesame met die ander nege tuislande heringelyf.