Boris Johnson | |
Boris Johnson (amptelike portretfoto) | |
Ampstermyn 24 Julie 2019 – 6 September 2022 | |
Vise | Dominic Raab |
---|---|
Monarg | Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | Theresa May |
Opgevolg deur | Liz Truss |
Minister van Buitelandse en Statebondsake
| |
Ampstermyn 13 Julie 2016 – 9 Julie 2018 | |
Eerste minister | Theresa May |
Voorafgegaan deur | Philip Hammond |
Opgevolg deur | Jeremy Hunt |
Burgemeester van Londen
| |
Ampstermyn 4 Mei 2008 – 9 Mei 2016 | |
Vise | Richard Barnes Victoria Borwick Roger Evans |
Voorafgegaan deur | Ken Livingstone |
Opgevolg deur | Sadiq Khan |
LP vir Uxbridge en South Ruislip
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 7 Mei 2015 | |
Voorafgegaan deur | John Randall |
LP vir Henley
| |
Ampstermyn 9 Junie 2001 – 4 Junie 2008 | |
Voorafgegaan deur | Michael Heseltine |
Opgevolg deur | John Howell |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 19 Junie 1964 Manhattan, New York |
Politieke party | Konserwatiewe Party |
Eggenoot/-note | Allegra Mostyn-Owen (1987–1993; geskei) Marina Wheeler (1993–September 2018 - vervreem van mekaar) Carrie Symonds (2018–; verloof) |
Kind(ers) | Lara Lettice Johnson Milo Arthur Johnson Cassia Peaches Johnson Theodore Apollo Johnson |
Alma mater | Balliol College, Oxford |
Professie | Konserwatiewe politikus |
Religie | Christen (Kerk van Engeland) |
Alexander Boris de Pfeffel Johnson (gebore 19 Junie 1964), beter bekend as Boris Johnson, is 'n Britse politikus en was sedert 24 Julie 2019 die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (VK).[1] Na 'n rekordgetal van bedankings uit sy regering, het hy sy hangende bedanking op 7 Julie 2022 aangekondig.[2][3][4][5] Sy bedanking het op 6 September 2022 in werking getree toe hy deur Liz Truss as eerste minister opgevolg is.[6]
Hy was van 2001 tot 2008 lid van die parlement van die VK, waar hy Henley-on-Thames in die kiesafdeling van Oxfordshire verteenwoordig het. Tussen 4 Mei 2008 tot 7 Mei 2016 het hy as Londen se burgemeester gedien. Vanaf 13 Julie 2016 tot 9 Julie 2018 het Johnson die amp van minister van buitelandse en statebondsake onder die eerste minister Theresa May beklee.
Op 23 Julie 2019 is Boris Johnson deur lede van die Konserwatiewe Party met 66 persent van die uitgebragte stemme as nuwe partyleier verkies. Sedert 24 Julie 2019 beklee hy die amp van eerste minister in 'n konserwatiewe minderheidsregering.[7]
Terwyl Johnson sy keuse van minsters, wat merendeels by die Konserwatiewe Party se regtervleuel gereken word, as 'n "cabinet for modern Britain" beskryf[8], sien kommentator Hannah Jane Parkinson (The Guardian) The most awful dinner party of all time rondom die kabinetstafel vergader.[9]
Johnson het aan die Universiteit van Oxford gestudeer en was ook president van die bekende Oxford Union. Boris was die redakteur van die inligtingstydskrif The Spectator, neem gereeld aan TV-debatte deel en is welbekend vir sy eksentrieke karakter. As boorling van New York het hy eers in 2017 afstand gedoen van sy Amerikaanse burgerskap - na bewering om belasting te bespaar.[10] Persone met Amerikaanse burgerskap bly belastingpligtig in die Verenigde State, selfs as hulle in oorsese lande woonagtig is en moontlik 'n tweede burgerskap aanvaar het.[11][12][13]