Brasiliaanse Rugbykonfederasie | |
---|---|
Kenteken van die Brasiliaanse Rugbykonfederasie
| |
Portugese naam | Confederação Brasileira de Rugby |
Afkorting | CBRu |
Land | Brasilië |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1963 |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1995 |
Vastelandse beheerliggaam | Suid-Amerika Rugby |
President | Martin Jaco |
Setel | São Paulo, Brasilië |
Amptelike taal | Portugees |
Amptelike webwerf | brasilrugby.com.br |
Die Brasiliaanse Rugbykonfederasie (Portugees: Confederação Brasileira de Rugby, afgekort “CBRu”) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Brasilië beheer. Die beheerliggaam is in 1963 gestig en in São Paulo gesetel. Sedert 1995 verteenwoordig dit Brasilië by Wêreldrugby en ook by Suid-Amerika Rugby (“SAR”).