Brasilië | ||||
Unie | Brasiliaanse Rugbykonfederasie (CBRu) | |||
Bynaam(e) | Os Tupis (“die Tupi’s”) | |||
Embleem | Tupí-hoofman | |||
Stadion | Pacaembu-stadion, São Paulo | |||
Kapasiteit | 40 199 | |||
Afrigter(s) | Emiliano Caffera (sedert 2023) | |||
Kaptein(s) | Cléber Dias | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | Moisés Duque (60)[1] | |||
Meeste toetspunte | Moisés Duque (293)[2] | |||
Meeste drieë | Moisés Duque (15)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Uruguay 8–6 Brasilië (Montevideo, Uruguay; 9 September 1950) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Costa Rica 0–95 Brasilië (Lima, Peru; 16 Oktober 2006) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Argentinië 114–3 Brasilië (San Pablo, Brasilië; 2 Oktober 1993) Argentinië 111–0 Brasilië (Santiago de Chile, Chili; 23 Mei 2012) | ||||
Amptelike webwerf | ||||
ww2.brasilrugby.com.br |
Die Brasiliaanse nasionale rugbyspan (Portugees: Seleção Brasileira de Rugby Union) is die nasionale rugbyspan wat Brasilië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Os Tupis (Portugees vir: “die Tupi’s”) na die gelyknamige inheemse volk.[4] Rugby word in Brasilië geadministreer deur die Brasiliaanse Rugbykonfederasie (Confederação Brasiliera de Rugby, CBRu) wat in 1963 gestig is. Brasilië word as die sesde beste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië, die Verenigde State, Kanada, Uruguay en Chili) en deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Brasiliaanse rugbyspan is tans (Oktober 2024) 29ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[5]
Brasilië het in 1950 sy eerste toetswedstryd teen Uruguay gespeel. In 2018 kon die span vir die eerste keer die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap wen. Sedert 2016 neem Brasilië ook aan die jaarlikse Amerikaanse Rugbykampioenskap deel, saam met die tweede Argentynse span, Chili, Kanada, Uruguay en die Verenigde State. Brasilië kon tot dusver nog nie vir ’n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.