Brexit[1] 'n sogenaamde kofferwoord van "Britse uitgang", was die onttrekking van die Verenigde Koninkryk (VK) uit die Europese Unie (EU) om 23:00 GMT op 31 Januarie2020 (00:00 CET). Die VK is die enigste lidstaat wat die EU verlaat het, nadat hy 47 jaar deel was van die unie — die EU en sy voorganger die Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG) — sedert 1 Januarie 1973. Na Brexit, het EU-wetgewing en die Hof van Justisie van die Europese Unie nie meer voorrang bo Britse wette nie, behalwe in sekere gebiede met betrekking tot Noord-Ierland.[2] Die Europese Unie (Onttrekking) Wet 2018 behou relevante EU-wetgewing as binnelandse wetgewing, wat die VK nou kan wysig of herroep. Ingevolge die bepalings van die Brexit-onttrekkingsooreenkoms, gaan Noord-Ierland voort om deel te neem aan die Europese interne mark met betrekking tot goedere, en om 'n de facto lid van die EU Doeane-unie te wees.[3][4]
Na aanleiding van 'n konsultatiewe referendum, wat op 23 Junie 2016 gehou is en waarin 51,9 persent van die uitgebragte stemme ten gunste van 'n onttrekking was, het die Britse eerste minister Theresa May op 29 Maart 2017 met 'n formele brief aan die president van die Europese Raad, Donald Tusk, Artikel 50 van die Verdrag oor die Europese Unie (dikwels Lissabon-verdrag genoem) in werking gestel.[5] Dié artikel reël die onderhandelingsproses tussen die Europese Unie en 'n lidstaat wat hom uit dié organisasie wil onttrek en maak voorsiening vir 'n onderhandelingstydperk van twee jaar.
Volgens die Oxford Dictionary, wat Brexit as trefwoord in die derde uitgawe van sy gesaghebbende aanlyn-woordeboek lys, is die term vir die eerste keer op 15 Mei 2012 deur Peter Wilding in blog-bydrae vir EurActiv gebruik.[6] Vyf maande later het dit in 'n artikel van die invloedryke AmerikaansedagbladChristian Science Monitor voorgekom.
Die Verenigde Koninkryk het oorspronklik in 1973 by die Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG), die voorloper van die Europese Unie, aangesluit. Sy lidmaatskap in dié organisasie is in 1975 in 'n referendum met 67 persent van die uitgebragte stemme bevestig. Historiese meningspeilings, wat tussen 1973 en 2015 gepubliseer is, het getoon dat 'n meerderheid van Britse kiesers in dié tydperk nog ten gunste van 'n voortgesette lidmaatskap van die EEG, Europese Gemeenskap of die Europese Unie was.
In die 1970's en 1980's het enkele lede van die Britse Arbeidersparty en van vakbonde hulle ten gunste van 'n onttrekking uit die EEG uitgespreek. Vanaf die 1990's was dit hoofsaaklik sommige konserwatiewe politici asook lede van die nuutgestigte UK Independence Party (UKIP) wat krities teenoor die VK se EU-lidmaatskap gestaan het.
Die Verenigde Koninkryk het op 31 Januarie 2020 die eerste lidstaat geword wat die EU amptelik verlaat.[7]
↑House of Lords European Union Committee (1 Junie 2020). 9th Report of Session 2019–21: The Protocol on Ireland/Northern Ireland (Report). House of Lords. p. 65. Archived from the original on 31 Januarie 2021. https://web.archive.org/web/20210131140810/https://committees.parliament.uk/publications/1282/documents/11395/default/. Besoek op 12 Augustus 2021. "ie protokol sal ook volle jurisdiksie aan die CJEU verleen om toesig te hou oor die werking van die EU-wetgewing wat op Noord-Ierland van toepassing is met betrekking tot doeane en die beweging van goedere, tegniese regulasies, BTW en aksyns, die interne elektrisiteitsmark en staatshulp; insluitend die jurisdiksie om aansoeke om voorlopige beslissings aan te hoor wat deur die howe van Noord-Ierland ingedien is. Die VK sal die reg hê om aan hierdie verrigtinge deel te neem asof dit 'n lidstaat is."