Britse Lugmag | |
---|---|
Gestig | 1 April 1918 |
Land | Verenigde Koninkryk |
Onderdeel van | Britse Gewapende Magte |
Tipe | Lugmag |
Logo | |
Vaandel | |
Rondeel | |
Hoofkwartier | MoD Main Building, Whitehall |
Aantal lede | 33 200 aktief en 1 940 RAuxAF 3 300 Reserwepersoneel 606 vliegtuie (Verdere 135 bestel)[1] |
Mars | Royal Air Force March Past |
Veldslae | Eerste Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog Korea-oorlog Viëtnamoorlog Golfoorlog |
Die Koninklike Britse Lugmag (Engels: Royal Air Force, afgekort RAF) is die lugmag van die Verenigde Koninkryk. Die lugmag is in 1918 gestig[2] deur die samesmelting van die Koninklike Vliegkorps en die Britse Vloot se lugdiens. Dit is die oudste lugmag ter wêreld.[3] Die eerste hoof van die Britse Lugmag was Hugh Trenchard.
Die Britse Lugmag beskik oor verskeie basisse oor die wêreld, insluitende in die Verenigde Koninkryk, Falkland-eilande, Siprus en Gibraltar. Hierdie basisse het gewoonlik 'n voorvoegsel 'RAF' wat staan vir "Royal Air Force". Voorbeelde van hierdie basisse is: RAF Lossiemouth in Skotland, RAF Valley in Wallis, RAF Aldergrove in Noord-Ierland en RAF Linton-on Ouse in Engeland.
Die Britse Lugmag beskik oor moderne vliegtuie soos die Eurofighter Typhoon, Panavia Tornado en die BAE Hawk. Die Hawk word gebruik om vlieëniers van snelbewegende vliegtuie op te lei.