| |||||
| |||||
By benadering die grense van die Britse Mandaat circa 1922. In September 1922 het Brittanje die gebied Oos van die Joradaanrivier, "Transjordanië," as 'n outonome staat georganiseer. | |||||
Hoofstad | Jerusalem 31°47′N 35°13′O / 31.783°N 35.217°O | ||||
Taal/Tale | Arabies, Engels, Hebreeus | ||||
Godsdiens | Christendom, Islam, Judaïsme | ||||
[[Regering|]] | Nie gespesifiseer nie | ||||
Hoë-Kommissaris | |||||
- 1920–1925 | Sir Herbert Louis Samuel | ||||
- 1945–1948 | Sir Alan G. Cunningham | ||||
Historiese tydperk | Tussenoorlogse Tydperk | ||||
- Mandaat toegeken | 25 April 1920 | ||||
- Brittanje neem amptelik beheer oor | 29 September 1923 | ||||
- Transjordaanse onafhanklikheid | 25 Mei 1946 | ||||
- Stigting van Israel | 14 Mei 1948 | ||||
Geldeenheid | Egiptiese pond (tot 1927) Palestynse pond (tot 1927) |
Die Britse Mandaat van Palestina, soms na verwys as die Mandaat van Palestina (Arabies: الانتداب البريطاني على فلسطين, Engels: Mandatory Palestine, Hebreeus: המנדט הבריטי), was 'n Volkebondmandaat wat na die Eerste Wêreldoorlog ontstaan het toe die Ottomaanse Ryk volgens die Verdrag van Sèvres verdeel is. Die Britse Mandaat van Palestina het bestaan uit die gebied van die hedendaagse Jordanië, Israel, die Wesoewer en die Gasastrook. Die grense van die Mandaat van Palestina het gestrek van die Middellandse See tot die weste van die Franse Mandaat van Libanon, Franse Mandaat van Sirië, en die Britse Mandaat van Mesopotamië in die Noorde, die Koninkryk van Saoedi Arabië aan die ooste en suide, en die Koninkryk van Egipte aan die suidweste.
Die Britse Mandaat het gefunksioneer van 1923 tot met die onafhanklikheid van Transjordanië in 1946 en van Israel in 1948. Die oogmerk van die Volkebondmandaat was om die disfunksionele Ottomaanse Ryk, wat sedert die 16de eeu in beheer van die Middeooste was, te administreer, "tot op 'n stadium wat hulle op hulle eie sou kon staan."[1]