Bruin mense | |
---|---|
’n Bruin familie in Suid-Afrika met wortels in Kaapstad, Kimberley en Pretoria. | |
Totale bevolking: | ~ 6 285 300[1] |
Belangrike bevolkings in: | Suid-Afrika (Wes-Kaap en Noord-Kaap), Namibië, Zimbabwe Suid-Afrika 5 074 300[2] |
Taal: | Afrikaans (75%) en Engels (25%) |
Geloofsoortuiging: | Christene (Protestante) (90%), Moslem (<5%)[3] |
Verwante etniese groepe: | Afrikaners, Kaapse Maleiers, Khoikhoi, Xhosas, Griekwas, Oorlam |
Bruin mense is 'n term wat verwys na 'n heterogene etniese groep van veral Suid-Afrika wat wit sowel as swart voorouers het.
Hulle vorm die grootste deel van die Wes-Kaapse en Noord-Kaapse bevolking. Die meeste is bruin Afrikaners en maak deel uit van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap, terwyl ongeveer 10 persent Engels as moedertaal het, meesal in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.
Vanweë Suid-Afrika se geskiedenis van rassediskriminasie word die woord Kleurlinge deur baie mense as neerhalend beskou. Die term "bruin mense" word deesdae meesal gebruik. Baie bruin mense verkies ook om hulself "swart", "Khoisan" of slegs "Suid-Afrikaners" te noem.