Buiteaardse lewe

Die verkenning van die ruimte sluit in die soeke na buiteaardse lewe.

Buiteaardse of buiteruimtelike lewe is lewe met ’n oorsprong elders as die Aarde. Daar word ook van buiteaardse wesens gepraat as verwys word na relatief komplekse individue. In ’n breë sin is buiteaardse lewe tot nog toe hipotetiese lewensvorme wat kan wissel van bakterie-agtige organismes tot wesens wat veel meer kompleks as die mens is. Die moontlikheid dat virusse buite die Aarde kan bestaan, is ook al voorgestel.[1]

Die ontwikkeling en toets van hipoteses oor buiteaardse lewe is bekend as astrobiologie, hoewel dit ook handel oor aardgebaseerde lewe in ’n astronomiese verband. Baie wetenskaplikes glo buiteaardse lewe is moontlik, maar daar is geen direkte bewys dat dit wel bestaan nie.[2] Sedert die middel van die 20ste eeu is daar ’n voortdurende soeke na tekens van buiteaardse lewe, van radio's wat ontwerp is om seine uit die heelal te bespeur tot teleskope wat soek na moontlike bewoonbare eksoplanete. Dit speel ook ’n groot rol in werke van wetenskapsfiksie.

  1. Griffin, Dale Warren (14 Augustus 2013). "The Quest for Extraterrestrial Life: What About the Viruses?". Astrobiology. 13 (8): 774–783. Bibcode:2013AsBio..13..774G. doi:10.1089/ast.2012.0959. Besoek op 6 September 2013.
  2. Davies, Paul (18 November 2013). "Are We Alone in the Universe?". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2019. Besoek op 20 November 2013.

Developed by StudentB