CONMEBOL | |
---|---|
Kenteken van CONMEBOL
| |
Portugese naam | Confederação Sul-Americana de Futebol |
Spaanse naam | Confederación Sudamericana de Fútbol |
Vasteland | Suid-Amerika |
Sportsoorte | Sokker |
Gestig op | 9 Julie 1916 |
Gestig in | Buenos Aires, Argentinië |
President | Alejandro Domínguez |
Adjunkpresidente | Laureano González Claudio Tapia Arturo Salah |
Tesourier | Rolando López |
Sambreelorganisasie | FIFA |
Setel | Luque, naby Asunción, Paraguay |
Lede | 10 |
Amptelike tale | Portugees en Spaans |
Amptelike webwerf | conmebol.com |
CONMEBOL is die Suid-Amerikaanse Sokkerassosiasie (Portugees: Confederação Sul-Americana de Futebol; Spaans: Confederación Sudamericana de Fútbol). CONMEBOL is die kontinentale beheerliggaam vir assosiasiesokker in Suid-Amerika en is een van FIFA se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 9 Julie 1916 gestig en hulle hoofkantoor is in Luque, naby Asunción, Paraguay, geleë. Die amptelike tale is Portugees en Spaans en sedert 2016 is Alejandro Domínguez die president van die CONMEBOL.