Cetshwayo | |
---|---|
Koning van die Zoeloenasie | |
Foto van Cetshwayo, c. 1875 | |
Dinastie | Huis van die Zoeloe |
Bewind | 1872–1879, 1883–1884 |
Volle naam | Cetshwayo kaMpande |
Gebore | ~1826 |
Gesterf | 8 Februarie 1884 |
Voorganger | Mpande |
Opvolger | Dinuzulu |
Kinders | Dinuzulu |
Vader | Mpande |
Cetshwayo kaMpande (circa 1826 – 8 Februarie 1884) was die koning van die Zoeloenasie van 1872 tot 1879 en die leier van die Zoeloes tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog.[1] Sy naam is ook getranslitereer as Cetawayo, Cetewayo, Cetywajo en Ketchwayo en is Zoeloe vir "die belasterde een". Cetshwayo word beskou as die laaste koning van 'n onafhanklike Zoeloenasie. Tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog van 1879 het die Britse Ryk 'n vernederende nederlaag in die Slag van Isandlwana gelei en is die reputasie van die Zoeloes as krygers wêreldwyd gevestig. Die Britte se uiteindelike oorwinning oor die Zoeloes later daardie jaar by Ulundi het egter in praktyk ook 'n einde gebring aan enige werklike weerstand teen wit oorheersing in Suid-Afrika.[2] Cetshwayo is na Kaapstad verban. Kort voor sy dood is hy toegelaat om na sy geboortegrond terug te keer.