Charles De Coster | |
---|---|
Gebore | Charles-Theodore-Henri De Coster 20 Augustus 1827 |
Sterf | 7 Mei 1879 (op 51) Ixelles, België |
Nasionaliteit | België |
Beroep | skrywer, joernalis |
Charles Théodore Henri De Coster (* 20 Augustus 1827 in München; † 7 Mei 1879 in Ixelles) was 'n Franstalige Belgiese skrywer van Vlaamse afkoms. Sy epiese werk Ulenspiegel, wat die Vlaamse vryheidstryd teen die Spaanse onderdrukking gedurende die Tagtigjarige Oorlog behandel, word as die beginpunt van die moderne Franstalige literatuur in België beskou.