Charon, soos waargeneem deur die New Horizons-ruimtetuig op 13 Julie 2015 | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | James W. Christy |
Datum | 22 Junie 1978 |
Alternatiewe name | (134340) Pluto I[1] |
Etimologie | Charon |
Wentelbaaneienskappe [2] | |
Epog 2 452 600,5 | |
Halwe lengteas | 17 536 ± 4 km (tot stelselbarisentrum) 19 571 ± 4 km (tot sentrum van Pluto) |
Wentelperiode | 6,387 230 4 ± 0,000 001 1 d (6 d 9 h 17 m 36,7 ± 0,1 s) |
Baanhelling | 0,001° (tot Pluto se ewenaar) 119,591 ± 0,014° (tot Pluto se wentelbaan) 112,783 ± 0,014° (tot Sonnebaan) |
Lengteligging van stygende nodus | 223,046 ± 0,014° (tot lentepunt) |
Satelliet van | Pluto |
Fisiese eienskappe |
|
Gem. radius | 603,5 ± 1,5 km[3] (0,095 Aardes) |
Oppervlakte | 4,58×106 km2 |
Volume | 9,027×108 km3 (0,0008 Aardes) |
Massa | (1,52 ± 0,06)×1021 kg[2] (2,54×10−4 Aardes) (11,6% van Pluto) |
Gem. digtheid | 1,65 ± 0,06 g/cm3[2] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,278 m/s2 |
Ontsnapping- snelheid | 0,580 km/s 0,36 mi/s |
Rotasieperiode | Sinchronies |
Ashelling | geen? |
wissel van 0,36 tot 0,39 | |
Temperatuur | −220°C (53 K) |
Skynmagnitude | 16,8[4] |
Absolute magnitude | 1[5] |
Hoekgrootte | 55 milli-boogsekondes[6] |
Charon (Grieks: Χάρων) is die grootste en naaste van die vyf bekende mane van die dwergplaneet Pluto. Sy gemiddelde deursnee is 1 212 km, wat effens meer as die helfte van die deursnee van Pluto uitmaak. Dit is in vergelyking met ander mane in die sonnestelsel buitengewoon groot.
Die maan is op 22 Junie 1978 deur die Amerikaanse sterrekundige James W. Christy ontdek, byna 50 jaar ná die ontdekking van Pluto. Ná die ontdekking van Nix en Hidra in 2005, die ontdekking van Kerberos in 2011 en Styx in 2012 word Charon ook (134340) Pluto I genoem.[1]
Op 14 Julie 2015 het die New Horizons-sending foto's van Charon en Pluto na die aarde gestuur. Die ruimtetuig was op daardie stadium 12,500km vanaf Pluto en 466,610 km vanaf Charon.