Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Ohio |
Counties | Delaware, Fairfield, Franklin |
Koördinate | 39°59′N 82°59′W / 39.983°N 82.983°W |
Gestig op | 14 Februarie 1812 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 577,85 vk km |
Hoogte bo seevlak | 275 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 822 553 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 399,2/vk km |
Tydsone | OST (UTC -5) |
Somertyd | EDT (UTC -4) |
Burgemeester | Michael B. Coleman (D) |
Amptelike Webwerf | columbus.gov |
Columbus is die hoofstad van die deelstaat Ohio in die Verenigde State van Amerika.[1] Die stad het in 1797 as 'n nedersetting op die wesoewer van die Sciotorivier ontstaan. Dit het eers bekend gestaan as Franklinton en word die hoofdorp in die graafskap in 1803.
In 1812 was die land aan die oorkant van die rivier uitgelê as die hoofstad van die deelstaat. Dit het egter eers in 1816 die hoofstad geword. Hierdie gemeenskap het as Columbus bekend gestaan. In 1834 verkry dit stadstatus. In 1871 het Franklinton deel geword van Columbus.
Daar was tydens die Amerikaanse Burgeroorlog ook 'n kamp vir die Konfederasie se gevangenis in die stad.[2]