| |||||
Nasionale leuse: وحدة، تضامن، تنمية (Arabies) Unité – Solidarité – Développement (Frans) (Afrikaans: "Eenheid – Solidariteit – Ontwikkeling") | |||||
Volkslied: Udzima wa ya Masiwa (Comoraans vir: "Die eenheid van die Groot Eilande") | |||||
Hoofstad | Moroni | ||||
Grootste stad | Moroni | ||||
Amptelike tale | Comoraans, Arabies en Frans | ||||
Regering | Federale presidensiële republiek Azali Assoumani | ||||
Onafhanklikheid Onafhanklikheid
• van Frankryk |
6 Julie 1975 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 034a km2 (178ste) 727 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2016-skatting - Digtheid |
795 601b (163ste) 392 / km2 (25ste) 1015,3 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2017-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2017-skatting | ||||
MOI (2015) | ▼ 0,497[2] (160ste) – laag | ||||
Gini (2004) | 64,3[3] – baie hoog | ||||
Geldeenheid | Frank (KMF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OAT (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .km | ||||
Skakelkode | +269 | ||||
a. Uitsluitend Mayotte. b. Uitsluitend Mayotte. |
Die Comore-eilande (Arabies: جزر القمر, Juzur al-Qumur / Qamar; Frans: Comores), amptelik die Unie van die Comore (Comoraans: Udzima wa Komori, Frans: Union des Comores, Arabies: الاتحاد القمري al-Ittiḥād al-Qumurī / Qamarī), is 'n eilandnasie in Oos-Afrika in die Indiese Oseaan net noord van die Mosambiekkanaal. Dit is tussen die noordooste van Mosambiek en die noordweste van Madagaskar geleë. Landbou, veral speserye, is die vernaamste bron van inkomste. Dit is 'n lidland van die Afrika-unie.[4]
Die Comore-eilande bestaan uit die eilande Grande Comore (Ngazidja), Mohéli (Mwali), Anjouan (Nzwani) en maak ook aanspraak op die Franse oorsese gebied Mayotte. Dit het 'n oppervlakte van 2 034 km² (uitsluitend Mayotte) en 'n bevolking van 796 000 (uitsluitend Mayotte) in 2016 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Moroni.
Die Comore verklaar hulle in 1975 onafhanklik van Frankryk. Sedertdien is daar al 20 staatsgrepe op dié eilande uitgevoer, verskeie deur die huursoldaat Bob Denard. Onder druk van Suid-Afrika se Thabo Mbeki en die Afrika-unie het die eerste vreedsame verkiesings in 2006 plaasgevind, maar die land bly arm. In Augustus 2017 het die Comore-eilande by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aangesluit.
Die vulkaniese binneland wissel van hoë berge tot lae heuwels. Die tweede selakant is op 20 Desember 1952 by Anjouan gevang.