Demokratiese Party Democratic Party | |
Democrats | |
Leier | Tom Perez |
---|---|
Gestig | 1828 |
Voorafgegaan deur | Demokraties-Republikeinse Party |
Hoofkwartier | 430 South Capitol St. SE, Washington, D.C., 20003 |
Studentevleuel | College Democrats of America |
Jeugvleuel | Young Democrats of America |
Ideologie | Liberalisme[1][2] Progressiwisme[3] Sosiale liberalisme[4] |
Internasionale affiliasie | Progressive Alliance |
Amptelike kleure | Blou |
Webblad | democrats.org |
Die Demokratiese Party (Engels: Democratic Party), of kort Demokrate (Democrats), is een van die twee hedendaagse groot politieke partye in die Verenigde State, saam met die Republikeinse Party. Die party se erfenis strek terug na Thomas Jefferson en James Madison se Demokraties-Republikeinse Party (Democratic-Republican Party) en die hedendaagse Demokratiese Party is omtrent 1828 gestig, wat dit die wêreld se oudste aktiewe party maak.[5] Hul nieamptelike kleur is blou en hul nieamptelike wapendier is die donkie. Met 'n geskatte ledetal van 43,1 miljoen in 2012 is die Demokratiese Party nog voor die Republikeinse Party die grootste party van die Verenigde State.[6]
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)