Deneys Reitz | |
---|---|
Gebore | 2 April 1882 |
Sterf | 19 Oktober 1944 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Soldaat, prokureur, skrywer, kabinetsminister |
Eggenoot | Leila Agnes Buissiné Wright (1887-1959) |
Kinders | Francis William Reitz |
Ouer(s) | Francis William Reitz Blanka Thesen |
Deneys Reitz (Bloemfontein, 2 April 1882 - Londen, 19 Oktober 1944) was 'n Suid-Afrikaanse soldaat, politikus, kabinetsminister, skrywer en die derde oudste van die Vrystaat se pres. F.W. Reitz se vyf seuns. Sy moeder, Blanka Thesen, 'n lid van die Noorse familie van Knysna, was die eerste eggenote van die Vrystaatse president. Deneys Reitz het sy voornaam gekry van die familienaam van sy ouma aan vaderskant, Cornelia Magdalena Deneys.