Devon-eiland Inheemse naam: Devon Island Tatlurutit | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Devon-eiland | |
Geografie
| |
Ligging | Noord-Kanada, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 75°08′N 87°51′W / 75.133°N 87.850°W |
Argipel | Koningin-Elizabeth-eilande (Kanadese Arktiese Argipel)
|
Oppervlakte | 55 247 vk km |
Hoogste punt | Devon Ice Cap 1 920 m |
Administrasie | |
Kanada | |
Gebied | Nunavut
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Die wêreld se 27ste grootste eiland en die sesde grootste eiland van Kanada |
Devon-eiland (Engels: Devon Island, Inuktitut: Tatlurutit), die wêreld se 27ste grootste eiland en die sesde grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 55 247 km². Devon-eiland behoort tot die Koningin-Elizabeth-eilande, 'n subgroep van die Kanadese Arktiese Argipel, met Ellesmere-eiland in die noorde, Bathurst-eiland en Cornwallis-eiland in die weste, Somerset-eiland in die suidweste en Baffin-eiland in die suide. Tussen Devon-eiland en Groenland in die ooste is die Baffinbaai geleë. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Dit is die grootste eiland wat nie bewoon is nie en genoem na die seremoniële graafskap Devon in die suidweste van Engeland.
Devon-eiland is een van die grootste eilande in die Arktiese Argipel, die tweede grootste van die Koningin Elizabeth-eilande. Die eiland se oppervlakte is effens kleiner as die van Kroasië.
Die grondgesteente is Prekambriese gneis, Paleosoïese slikstene en skalies. Die hoogste punt is die Devon-yskap op 1 920 m bo seevlak wat deel is van die Arktiese Kordillera. Devon-eiland bevat verskeie klein bergreekse, soos die Treuterberge, Haddington-bergreeks en die Cunninghamberge. Die noemenswaardige ooreenkoms van sy oppervlak met dié van Mars het die belangstelling van wetenskaplikes gelok.