Dhivehi ދިވެހި, divehi | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Maledive Indië
| |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 340 500[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Suid-Indo-Aries Eiland-Indo-Aries Dhivehi | |
Skrifstelsel: | Tana-skrif | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Maledive | |
Gereguleer deur: | Dhivehi Akademie | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | dv
| |
ISO 639-2: | div
| |
ISO 639-3: | div
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Dhivehi (ދިވެހިބަސް, divehi-bas; letterlik: "Malediviese taal", of kort ދިވެހި, divehi, "Maledivies") is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 340 500 mense op die Maledive en die Indiese eiland Minicoy gepraat word. Dhivehi is die amptelike taal en die belangrikste inheemse taal op die Maledive. Dhivehi is nou verwant aan Singalees en word in die Tana-skrif geskryf, 'n afgeleide Arabiese alfabet. Ander verwante tale sluit in Konkani in die Indiese deelstaat Goa en Marathi in die Indiese deelstaat Maharashtra, hoewel Konkani soms as 'n dialek van Marathi beskou word.
Die Afrikaanse woord atol ('n ring van koraaleilande of riwwe) is aan die Dhivehi-woord atoḷu ontleen. Voor die Europese uitbreiding en kolonisasie was dit die suidelikste Indo-Europese taal.