Van die vroegste tye af moes die mens kies wat hy wil eet. Aanvanklik het dit gegaan om watter vrugte byvoorbeeld giftig of watter vleis die geskikste is. Daama het die mens probeer vasstel watter voedingsmiddele beter vir sy liggaam is as ander. Die ontwikkeling van die chemie het dit moontlik gemaak om die samestelling van die voedingsmiddele te bepaal, en die mens het geleer om in terme van voedingstowwe, soos vette, proteïene, koolhidrate en vitamiene, te dink.
Na die Eerste Wêreldoorlog is groot vordering gemaak met die vasstelling van die voedingsbehoeftes van gesonde mense. Die ondersoek is uitgebrei na die behoeftes van sekere groepe mense, byvoorbeeld swanger vroue, suigelinge, bejaardes en siekes.