Bloumoederkappie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Disa |
Spesie: | D. longicornu
|
Binomiale naam | |
Disa longicornu L.f., (1782)
| |
Sinonieme | |
|
Die bloumoederkappie (Disa longicornu) is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en deel is van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom op Tafelberg en die Hottentots-Hollandberge voor. Daar is ses subpopulasies, hulle is naby staproetes geleë.
Die blomme se getalle is besig om te daal omrede dit oormatig gepluk word deur formele blomverkopers asook die informele sektor.