Dizzy Gillespie | |
---|---|
Gillespie tydens 'n konsert in Deauville, Normandië, Frankryk, Julie 1991 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | John Birks Gillespie |
Gebore | Cheraw, Suid-Carolina, V.S.A. | 21 Oktober 1917
Sterf | 6 Januarie 1993 (op 75) Englewood, New Jersey |
Genres |
|
Beroep(e) |
|
Instrumente | |
Jare aktief | 1935–1993 |
Etikette |
|
John Birks "Dizzy" Gillespie (/ɡɪˈlɛspi/; 21 Oktober 1917 – 6 Januarie 1993) was 'n Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek. Hy was ook 'n komponis en sanger.[1] Hy was 'n virtuoos in sy veld en briljant met improvisasie. Sodoende het hy gebou op die virtuose styl van Roy Eldridge[2] maar met die byvoeging van lae harmonie en ritmiese kompleksiteit van 'n virtuositeit wat voorheen ongehoord was in jazzmusiek. Sy kombinasie van musikaliteit, skouspelagtigheid, intelligensie en vaardigheid het hom een van die voorste proponente van die nuwe musiekstyl wat weldra bekend sou staan as bebop gemaak. Sy beret, sy opgepofte wange en sy lighartige persoonlikheid het een van bebop se mees prominente simbole geword. [1]
Hy het in die 1940's saam met Charlie Parker een van die voorste figure in die ontwikkeling van bebop en moderne jazz geword.[3] Hy het onderrig gegee aan, en verskeie musici beïnvloed, soos o.a. die trompetspelers en jazz-ikone Miles Davis, Jon Faddis, Fats Navarro, Clifford Brown, Arturo Sandoval, Lee Morgan,[4] Chuck Mangione,[5] en Johnny Hartman.[6]
Scott Yanow het soos volg oor Gillespie geskryf, "Dizzy Gillespie's contributions to jazz were huge. One of the greatest jazz trumpeters of all time, Gillespie was such a complex player that his contemporaries ended up being similar to those of Miles Davis and Fats Navarro instead, and it was not until Jon Faddis's emergence in the 1970s that Dizzy's style was successfully recreated [....] Gillespie is remembered, by both critics and fans alike, as one of the greatest jazz trumpeters of all time".[7]