Dnjepr Днепр (Russies) Дняпро (Belarussies) Дніпро (Oekraïens) | |
---|---|
Die Dnjepr-rivier soos gesien vanaf ’n heuwel in Kijif, Oekraïne.
| |
Die stroomgebied van die Dnjepr.
| |
Stroomgebied | Rusland Belarus Oekraïne |
Oorsprong | Waldaiheuwels, Rusland |
Monding | Dnjeprdelta |
Lengte | 2 201 km |
Oorsprong-hoogte | 220 m |
Monding-hoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 1 670 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 516 300 km² |
Kaart van die Dnjeprbekken in Europa.
|
Die Dnjepr of Dnipro (Russies: Днепр; Belarussies: Дняпро; Oekraïens: Дніпро; Engels: Dnieper) is 'n rivier wat van die Waldaiheuwels naby Smolensk in Rusland deur Belarus en Oekraïne na die Swartsee vloei. Dit is die langste rivier in Oekraïne en Belarus en die vierde langste een in Europa (ná die Wolga, Donau en Oeral).[1] Die totale lengte is 2 200 km[2] en dit het ’n stroomgebied van 516 300 km².
In die oudheid was die rivier deel van die Barnsteenroetes. In die tweede helfte van die 17de eeu het die Pools-Litause Gemenebes en die Tsaredom Rusland om die gebied meegeding en is Oekraïne verdeel tussen die linker- en regteroewer. In die Sowjettyd het die rivier bekend geword vir sy hidroëlektrisiteitsdamme en groot reservoirs. Die Tsjernobil-kernramp van 1986 het aan die Pripjatrivier, net bo dié sytak se samevloei met die Dnjepr, voorgekom.
Die Dnjepr is ’n belangrike begaanbare waterweg vir die ekonomie van Oekraïne en word deur die Dnjepr-Boegkanaal aan ander waterweë in Europa verbind.