Die Driespletige Newel (ook bekend as onder meer Messier 20 en NGC 6514) is ’n H II-gebied in die sterrebeeldBoogskutter. Dit is ’n ongewone kombinasie van ’n oop sterreswerm, ’n emissienewel (die onderste rooi deel), ’n refleksienewel (die boonste blou deel) en ’n donker newel (die oënskynlike gapings in die emissienewel wat aan die struktuur sy driespletige voorkoms gee). Laasgenoemde word ook Barnard 85 genoem.