Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Ierland |
Provinsie | Leinster |
Koördinate | 53°21′N 6°16′W / 53.350°N 6.267°W |
Stigting | 842 |
Stadstatus | 1172 |
Oppervlak: | |
- Totaal | 114,99 vk km |
Hoogte bo seevlak | 20 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2016) | 553 165[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 4 811/vk km |
- City of Dublin met voorstede | 1 173 179 |
- Groter Dublin | 1 904 806 |
Tydsone | UTC +0 (WET) |
- Somertyd | UTC +1 (IST) |
Burgemeester (Lord Mayor) | Hazel Chu (Green Party) |
Amptelike Webwerf | dublincity.ie |
Dublin (Iers: Baile Átha Cliath [blʲaːˈklʲiəh]) is die hoofstad en grootste stad van die Republiek Ierland (Éire), geleë naby die middel van Ierland se oostelike kus, by die mond van die Liffeyrivier in die Ierse See en in die middel van die provinsie Leinster. Die stad was sedert die Middeleeue altyd die hoofstad van die Lordskap en die Koninkryk van Ierland. Tans is sowat 'n derde van die Ierse bevolking in Groter Dublin saamgetrek.
Dublin se geskiedenis strek terug tot in die vroeë 9de eeu toe Wikings een van hul grootste nedersettings buite Skandinawië in die huidige stadsgebied gevestig het.[2] In die volgende eeue is die stad verskeie kere deur oorloë en ander gewapende konflikte geteister. In die 20ste eeu het Dublin tot 'n moderne hoofstad met 'n ryk kulturele lewe gegroei wat jaarliks deur miljoene toeriste besoek word.