| |||||
| |||||
Leuse: Proletarier aller Länder, vereinigt Euch! (Duits vir: "Werkers van die wêreld, verenig!") | |||||
Volkslied: Auferstanden aus Ruinen (Duits vir: "Herrys uit die ruïnes") | |||||
Ligging van die Duitse Demokratiese Republiek | |||||
Hoofstad | Oos-Berlyn 52°31′N 13°23′O / 52.517°N 13.383°O | ||||
Taal/Tale | Duits en Sorbies | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | |||||
- 1949–1960 | Wilhelm Pieck | ||||
Voorsitter van die Staatsraad | |||||
- 1960–1973 | Walter Ulbricht | ||||
- 1973–1976 | Willi Stoph | ||||
- 1976–1989 | Erich Honecker | ||||
- 1989 | Egon Krenz | ||||
- 1989–1990 | Manfred Gerlach | ||||
President van die Volkskammer | |||||
- 1949–1969 | Johannes Dieckmann | ||||
- 1969–1976 | Gerald Götting | ||||
- 1976–1989 | Horst Sindermann | ||||
- 1989–1990 | Günther Maleuda | ||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Historiese tydperk | Koue Oorlog | ||||
- Tweede Wêreldoorlog | 1939–1945 | ||||
- Grondwet goedgekeur | 7 Oktober 1949 | ||||
- Volksopstand | 17 Junie 1953 | ||||
- Berlynse krisis | 4 Junie 1961 | ||||
- Toetreding tot die Verenigde Nasies | 18 September 1973 | ||||
- Vredevolle rewolusie | 13 Oktober 1989 | ||||
- Val van die Berlynse Muur | 9 November 1989 | ||||
- Duitse hereniging | 3 Oktober 1990 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1950 | 108 333 km2 41 828 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1950 skatting | 18 388 000 | ||||
Digtheid | 169,7 /km² 439,6 /sq mi | ||||
- 1970 skatting | 17 068 000 | ||||
Digtheid | 157,6 /km² 408,1 /sq mi | ||||
- 1990 skatting | 16 111 000 | ||||
Digtheid | 148,7 /km² 385,2 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Oos-Duitse mark (1949–1990), amptelik genoem:
|
Die Duitse Demokratiese Republiek (Duits: Deutsche Demokratische Republik, [ˈdɔʏtʃə demoˈkʁaːtɪʃə ʁepuˈbliːk], ) het as 'n sosialistiese Duitse "Arbeiders- en Boerestaat"[1] tussen 7 Oktober 1949 en 2 Oktober 1990 op die grondgebied van die voormalige Sowjetbesettingsone in Oos-Duitsland en die Sowjetsektor van Berlyn (of Oos-Berlyn) bestaan.
Die staat, wat vyf maande na die stigting van die Westerse Bondsrepubliek Duitsland amptelik uitgeroep is, is steeds deur die Sosialistiese Eenheidsparty van Duitsland (SED), 'n samesmelting van die voormalige Kommunistiese en Sosiaal-Demokratiese Partye van Duitsland, oorheers en het in politieke en ekonomiese opsig steeds 'n deel van die Oosblok gevorm.
Die sentraalgeleide ekonomie van die DDR het nie daarin geslaag om dieselfde hoë lewenstandaard soos in Wes-Duitsland te skep nie, alhoewel die land as die welvarendste in die Oosblok beskou is. Om die groot stroom vlugtelinge, wat in die vyftiger- en vroeë sestigerjare 'n nuwe heenkome in Wes-Duitsland gesoek het, te beperk, het die SED-regering 'n bewaakte grenslyn met Wes-Duitsland opgerig. Dit het ook die berugte Berlynse muur ingesluit.
Desondanks was die dekade tussen 1961 en 1971 gekenmerk deur 'n euforiese fase. Sowjet-Russiese prestasies soos die eerste mensgemaakte satelliet Spoetnik en die eerste ruimtevlug van 'n kosmonout het algaande die oortuiging laat ontstaan dat die sosialistiese eksperiment suksesvol sou wees. In 1961 het die Sowjet-bewind amptelik besluit om 'n kommunistiese samelewing te verwesenlik. Ook in die DDR het bewindhebbers vol optimisme die utopiese droom van ongekende ekonomiese en wetenskaplike vooruitgang begin droom. Om jongmense en kulturele en tegnologiese elites se guns en politieke steun te wen, is hervormings begin en politieke kompromisse aangegaan. Filmkuns, musiek, literatuur het begin opbloei danksy nuwe vryhede. Die optimistiese gees of Aufbruch nach Utopia[2] het in 1968 skielik tot stilstand gekom met die militêre en politieke inmenging in Praag se politieke "lente" van hervormings.
Die uitgebreide welvaartstelsel, wat 'n werksgeleentheid vir iedereen, bekostigbare behuising en lae pryse vir stapelvoedsel voorsien het, het die DDR net soos die oliekrisis in die sewentiger- en die globaliseringstendense van die tagtigerjare geleidelik in 'n ernstige ekonomiese krisis gedompel. Die handhawing van 'n relatief hoë lewensstandaard en skuldbetaling aan buitelandse krediteure moes – om politieke redes – voorkeur geniet bo die benodigde beleggings en modernisering van nywerhede.[3]
Die demokratisering van die Sowjetunie in die tyd van die glasnost- en perestroika-beleid het uiteindelik ook die politieke en militêre magsbasis van die SED-heerskappy verbreek, en die DDR-bewind het sy wettigheid verloor. Binne enkele maande het staat en party in 'n ongekende politieke grondverskuiwing begin verbrokkel. Ná massabetogings laat in 1989 is nog in die volgende jaar die eerste demokratiese verkiesing gehou. In die somer van daardie jaar is die Wes-Duitse geldstelsel ingevoer wat die Mark der DDR (Mark van die DDR) vervang het.
Op 3 Oktober 1990 het die vyf nuwe deelstate van die DDR (Mecklenburg-Voorpommere, Brandenburg, Sakse-Anhalt, Sakse en Thüringen) met die Bondsrepubliek Duitsland (waarna vroeër dikwels ook as Wes-Duitsland verwys is) verenig.