’n Dwergsterrestelsel is ’n klein sterrestelsel wat uit tot verskeie miljarde sterre bestaan, ’n klein aantal in vergelyking met die Melkweg se 200–400 miljard. Die Groot Magellaanse Wolk met sy 30 miljard sterre word soms as ’n dwergstelsel geklassifiseer, terwyl ander dit beskou as ’n volle sterrestelsel wat om die Melkweg wentel.