Edmontosaurus

Die grootte van E. regalis en E. annectens in vergelyking met dié van ’n mens.

Edmontosaurus
Tydperk: Laat Kryt 73.0–66 m. jaar gelede
Die skelet van ’n E. regalis (Oxford-universiteitsmuseum van Natuurgeskiedenis).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Edmontosaurus

(Lambe, 1917)
Tipespesie
Edmontosaurus regalis
Spesies
  • E. regalis
  • E. annectens
Edmontosaurus
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Orde: Ornithischia
Klade: Theropoda
Familie: Hadrosauridae
Subfamilie: Saurolophinae
Tribus: Edmontosaurini
Genus: Edmontosaurus
(Lambe, 1917)

Edmontosaurus, of die edmontosourusse, was ’n genus eendbek-dinosourusse. Daar is twee bekende spesies: E. regalis en E. annectens. Fossiele van eersgenoemde is in westelike Noord-Amerika ontdek wat dateer uit die laat Campanium-tydsnede van die Kryt-periode, 73 miljoen jaar gelede, terwyl fossiele van laasgenoemde in dieselfde streek ontdek is, maar in rotse wat dateer uit die einde van die Maastricht-tydsnede van die Kryt, 66 miljoen jaar gelede. E. annectens was een van die laaste nie-vlieënde dinosourusse en het saam met ander soos Triceratops horridus en Tyrannosaurus rex voorgekom kort voor die Kryt-Paleogeen-uitwissing.

Edmontosaurus het van die grootste eendbek-spesies ingesluit, en kon tot 12 m lank en 4 ton swaar word. Verskeie goed bewaarde voorbeelde is gevind wat nie net bene bevat nie, maar ook goeie velafdrukke en moontlike maaginhoud.


Developed by StudentB