Sir Edmund Hillary | |
---|---|
Edmund Hillary in 2004 | |
Gebore | Edmund Percival Hillary 20 Julie 1919 |
Sterf | 11 Januarie 2008 (op 88) Auckland, Nieu-Seeland |
Nasionaliteit | Nieu-Seeland |
Beroep | bergklimmer en ontdekkingsreisiger |
Bekend vir | eerste bestyging van Berg Everest saam met Tenzing Norgay op 29 Mei 1953 |
Eggenoot | Louise Mary Rose (1953–75) June Mulgrew (1989–2008) |
Kinders | Peter (* 1954) Sarah (* 1955) Belinda (1959–1975) |
Ouer(s) | Percival Augustus Hillary Gertrude Hillary, née Clark |
Handtekening | |
Sir Edmund Percival Hillary (20 Julie 1919 – 11 Januarie 2008) was 'n Nieu-Seelandse bergklimmer en ontdekkingsreisiger. Op 29 Mei 1953 het Hillary saam met die Sjerpa-bergklimmer Tenzing Norgay die eerste mens geword wat die piek van Berg Everest bereik het. Hulle was deel van die negende Britse ekspedisie na Everest onder leiding van John Hunt.