Edvard Grieg | |
---|---|
Edvard Grieg, 1888 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Edvard Hagerup Grieg |
Gebore | 15 Junie 1843 Bergen, Noorweë |
Sterf | 4 September 1907 (op 64) Bergen, Noorweë |
Genres | Simfonie, klavier, koor |
Beroep(e) | Komponis, pianis, dirigent |
Instrumente | Klavier |
Jare aktief | 1861–1907 |
Edvard Hagerup Grieg (15 Junie 1843 – 4 September 1907) was ’n Noorse komponis en pianis. Hy word beskou as een van die voorste komponiste van die Romantiese era en sy musiek vorm wêreldwyd deel van die standaard klassieke repertoire. Die gebruik en ontwikkeling van Noorse volksmusiek in sy eie komposisies het die musiek van Noorweë in die internasionale arena geplaas en gehelp om ’n nasionale identiteit te ontwikkel, soortgelyk aan wat Jean Sibelius vir Finland en Antonín Dvořák vir Boheme beteken het.[1]