Die Eerste Kamer van die Stategeneraal (Nederlands: Eerste Kamer der Staten-Generaal) is een van die twee Kamers van die Nederlandse volksverteenwoordiging, die Stategeneraal van Nederland (die andere Kamer is die Tweede Kamer van die Stategeneraal). Die Eerste Kamer bestaan sedert 1815 en is gevestig in die administratiewe hoofstad Den Haag. Hierdie Kamer het 75 lede en word deur die Provinsiale State verkies. Die voorsitter is Jan Anthonie Bruijn (VVD). Die Eerste Kamer is nie die belangrikste Kamer nie. So het die Eerste Kamer nie die reg om besluite te wysig en in te dien nie, maar die Tweede Kamer wel.