Egipties r n km.t
| ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Gepraat in: | Egipte | |||||||
Gebied: | Antieke Egipte | |||||||
Totale sprekers: | Enkeles (bestaan nog as liturgiese taal van die Koptiese Kerk. | |||||||
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Egipties | |||||||
Skrifstelsel: | Egiptiese hiërogliewe, hiëraties, demoties, Kopties | |||||||
Taalkodes | ||||||||
ISO 639-1: | geen | |||||||
ISO 639-2: | egy
| |||||||
ISO 639-3: | egy
| |||||||
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Egipties is die oudste bekende taal van Egipte en ’n tak van die Afro-Asiatiese taalfamilie. Geskrewe rekords in Egipties bestaan vanaf omstreeks 3400-3200 v.C.,[1] en dit maak dit een van die oudste bekende geskrewe tale, saam met Sumeries.
Egipties is gepraat tot die laat 17de eeu n.C. in die vorm van Kopties. Die amptelike taal van die hedendaagse Egipte is Egiptiese Arabies, wat Kopties geleidelik vervang het as die alledaagse taal in die eeu ná die Moslemse verowering van die land.
Kopties word steeds gebruik as die liturgiese taal van die Kopties-Ortodokse Kerk. Daar is vandag enkele vlot sprekers.[2]