Elektron | ||
Waterstofatoombane teen verskillende energievlakke. | ||
Samestelling | Elementêre deeltjie[1] | |
Statistiek | Fermionies | |
Groep | Lepton | |
Generasie | Eerste | |
Wisselwerking | Swaartekrag, elektromagneties, swak | |
Simbool | e-, β- | |
Antideeltjie | Positron (of anti-elektron) | |
Geteoretiseer | Richard Laming (1838-1851),[2] George Johnstone Stoney (1874) en ander.[3][4] | |
Ontdek | J.J. Thomson (1897)[5] | |
Massa | 9,10938356(11)×10−31 kg[6] 5,48579909070(16)×10−4 u[6] [1 822,8884845(14)]-1 u 0,5109989461(31) MeV/c2[6] | |
Elektriese lading | −1 e −1,6021766208(98)×10−19 C[6] | |
Spin | 12 | |
Swak isospin | LH: -12, RH: 0 | |
Swak hiperlading | LH: -1, RH: -2 |
Die elektron (simbool e- of β-) is ’n elementêre subatomiese deeltjie waarvan die elektrirse lading negatief een elementêre lading is.[7] Elektrone behoort tot die eerste generasie van die lepton-familie[8] en word as elementêre deeltjies beskou omdat hulle geen bekende komponente of substrukture het nie.[1] Die elektron het ’n massa van sowat 1/1836 van dié van die proton.[9] Die ontdekking van die elektron in 1897 word toegeskryf aan Joseph John Thomson.
Elektrone omring die kern van protone en neutrone in ’n elektronskikking. Die Engelse woord electron is in 1894 van electric afgelei, waarvan die oorsprong die Griekse woord 'ηλεκτρον is, wat "barnsteen" beteken. Elektrostatiese lading kan verwek word deur barnsteen teen die pels van ’n dier, byvoorbeeld ’n kat, te vryf. Die laaste deel, -on, wat deur die meeste subatomiese partikels gedeel word, is van die woord ioon afgelei.
Die antideeltjie van ’n elektron is ’n anti-elektron of positron.