Elizabeth I | |
---|---|
Koningin van Engeland en van Ierland | |
Elizabeth I , Darnley-portret, c. 1575
| |
Huis | Tudor |
Regeer | 17 November 1558 – 24 Maart 1603 |
Voorganger | Maria I |
Opvolger | Jakobus I |
Gebore | 7 September 1533; Greenwich |
Oorlede | 24 Maart 1603; Richmond |
Vader | Hendrik VIII |
Moeder | Anna Boleyn |
Elizabeth I (7 September 1533 – 24 Maart 1603) was van 17 November 1558 tot met haar dood koningin van Engeland, van Frankryk (slegs in naam) en van Ierland. Sy is soms "Die Maagdkoningin" genoem omdat sy nooit getrou het nie. Elizabeth was die sesde en laaste monarg van die Tudor-dinastie. Die ander was haar oupa Hendrik VII, haar pa, Hendrik VIII, haar halfbroer, Eduard VI, haar niggie Jane en haar halfsuster Maria I. Sy het 44 jaar lank regeer, ’n tydperk waarin die Engelse gegroei het in mag en invloed oor die wêreld heen en waarin daar ook godsdienstige onrus in Engeland geheers het.