Endokriene stelsel | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
Endokriene kliere in die menslike kop en nek, en hul hormone. | ||
Inligting | ||
Latyn | Systema endocrinum | |
Eksterne bronne | ||
FMA | 9668 |
Die endokriene stelsel is die versameling kliere van ’n organisme wat hormone direk in die bloedvatstelsel afskei sodat dit na afgeleë organe gestuur kan word. Die belangrikste endokriene kliere sluit in die pynappel-, skild-, byskild-, adrenalien- en pituïtêre kliere, die pankreas, eierstokke en testikels.