Engelse en Walliese Krieketraad | |
---|---|
Kenteken van die Engelse en Walliese Krieketraad
| |
Engelse naam | England and Wales Cricket Board |
Afkorting | ECB |
Lande | Engeland en Wallis |
Sportsoort | Krieket |
Gestig op | 1 Januarie 1997 |
Gestig in | Londen, Engeland |
Lid van | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit in | 1997 |
Vastelandse beheerliggaam | Europese Krieketraad |
Voorsitter | Richard Thompson |
Hoof- uitvoerende beampte | Richard Gould |
Setel | Lord’s, Londen, Engeland |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | ecb.co.uk |
Die Engelse en Walliese Krieketraad (Engels: England and Wales Cricket Board, afgekort “ECB”) is die bestuursliggaam wat krieket in beide Engeland en Wallis beheer en is op Lord’s, Londen, gesetel.[1] Dit verteenwoordig Engeland by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en ook by die Europese Krieketraad (European Cricket Council, “ECC”).
Van 1903 af het die Marylebone-krieketklub (MCC, kort vir Marylebone Cricket Club) al die toere van Engeland gereël.[2] Afgesien van die toetswedstryde het die Engelse span amptelik tot en met die 1976-toer na Australië in die jaar 1976/77 onder die MCC gespeel, wat die tyd weerspieël toe die MCC verantwoordelik was vir die samestelling van die toerspan. Die laaste keer wat die Engelse toerspan die MCC se “spek-en-eierkleure” gedra het, was tydens die 1996/97-toer na Nieu-Seeland.[3] Tussen 1968 en 1997 was die Toets- en Countykrieketraad (Test and County Cricket Board, TCCB) die beheerliggaam van Engelse krieket, wat dié taak by die MCC oorgeneem het. In April 1998 is die Women's Cricket Association geïntegreer by die organisasie.