| ||||||
Algemeen | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | erbium, Er, 68 | |||||
Chemiese reeks | lantaniede | |||||
Groep, periode, blok | 3, 6, f | |||||
Voorkoms | ||||||
Atoommassa | 167,28 (1) g/mol | |||||
Elektronkonfigurasie | [Xe] 4f126s2 | |||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 30, 8, 2 | |||||
Fisiese eienskappe | ||||||
Toestand | vastestof | |||||
Digtheid (naby k.t.) | 9.05 g/cm³ | |||||
Smeltpunt | 1803 K (1530 °C) | |||||
Kookpunt | 3133 K (2860 °C) | |||||
Atoomeienskappe | ||||||
Kristalstruktuur | seskantig-diggepak | |||||
Ruimtegroep | P6₃/mmc nommer: 194 | |||||
Strukturbericht-kode | A3 | |||||
Oksidasietoestande | 3 (matige basiese oksied) | |||||
Elektronegatiwiteit | 1,24 (Skaal van Pauling)
|
Erbium is ’n chemiese element met die atoomgetal 68 en simbool Er. Dit is in 1843 deur Carl Gustav Mosander ontdek.[1] Erbium val in die lantaniedreeks en is ’n silwerwit metaal as dit kunsmatig geïsoleer word. Natuurlike erbium word op aarde altyd in chemiese vebindings met ander elemente aangetref. As sulks is dit ’n seldsame aardelement wat verbind word met verskeie ander seldsame elemente in die mineraal gadoliniet van Ytterby in Swede, waar yttrium, ytterbium en terbium ontdek is.
Dit is 'n sagte en pletbare, silwerwit metaal wat in lug stabieler is as die meeste lantaniede. Dit los nogtans in verdunde sure op. Erbium word in Binne-Mongolie se bastnasiet aangetref, maar dit is 'n kleine komponent. Ander minerale soos xenotiem (yttriumfosfaat) en euxeriet is ryker bronne.[2]
Erbium se hoofgebruike hou verband met sy pienk ione Er3+ waarvan die optiese fluoresserende eienskappe veral nuttig is in sekere laserprodukte. Talle mediese toerusting (byvoorbeeld in dermatologie en tandheelkunde) maak gebruik van Er:YAG-lasers en erbium-ione se 2 940 nm-emissie, wat hulpsaam is in onder meer laserchirurgie.
As dotering word Er3+ ook gebruik vir ligversterking in optiese vesels.[3]