Erik van Pommere

Erik van Pommere
Koning van Denemarke, Swede en Noorweë, Hertog van Pommere

Periode in Noorweë
1389–1442
in Swede
1396–1439
in Denemarke
1396–1439
Voorganger Margrethe I
Opvolger Christoffel van Beiere
Vrou Philippa van Engeland
Vader Wratislaw VII, Hertog van Pommere
Moeder Maria van Mecklenburg-Schwerin
Gebore 1381/1382
Oorlede 3 Mei 1459

Erik van Pommere (1381 of 1382 – 3 Mei 1459) was koning van Noorweë (1389–1442), Denemarke (1396–1439) en Swede (1396–1439). Hy was die eerste koning van die Kalmarunie en het sy aanneemma, Margrethe I van Denemarke, opgevolg.

Hy is later soms Erik XIII van Swede genoem deur terug te tel vanaf Erik XIV (1560–'68). Dit is egter onbekend hoeveel konings van Swede voor hom Erik genoem is, want dit strek terug tot voor die historiese tydperk, en nie een van hulle het getalle agteraan hul naam gebruik nie.


Developed by StudentB