| |||||
Nasionale leuse: Siyinqaba (Swazi vir: "Ons is 'n vesting" "Ons is 'n geheimenis/raaisel" "Ons steek onsself weg" "Ons is magtig") | |||||
Volkslied: Nkulunkulu Mnikati wetibusiso temaSwati (Swazi vir: "O God, Milddadige van die seën van die Swazi") | |||||
Hoofstad | Lobamba (koninklik en wetgewing) Mbabane (administratief) | ||||
Grootste stad | Mbabane | ||||
Amptelike tale | Swazi en Engels | ||||
Regering | Unitêre parlementêre absolute monargie Mswati III Ntfombi Russell Dlamini | ||||
Onafhanklikheid | 6 September 1968 2005 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
17 364 km2 (153ste) 6 704 myl2 0,9 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2017-sensus - Digtheid |
1 201 670[1] (155ste) 1 093 238[2] 66,8 / km2 (135ste) 173,0 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,597[4] (144ste) – medium | ||||
Gini (2016) | 54,6[5] – hoog | ||||
Geldeenheid | Lilangeni (SZL )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
SAST (UTC+2) nie toegepas nie (UTC) | ||||
Internet-TLD | .sz | ||||
Skakelkode | +268 |
Eswatini (Swazi: [ɛswa̯ˈtiːni]), amptelik die Koninkryk Eswatini (Swazi: Umbuso weSwatini, Engels: Kingdom of Eswatini), tot 19 April 2018 Swaziland, is 'n absolute monargie en landingeslote land in Suider-Afrika.[6] Die administratiewe hoofstad en grootste stad is Mbabane, terwyl Lobamba die regeringsetel, asook koninklike en wetgewende hoofstad is. Eswatini is 'n buurland van Suid-Afrika en Mosambiek. Op politieke vlak het Eswatini op geen stadium aan Suid-Afrika behoort nie. Die menslike ontwikkelingsindeks van 2017 plaas Eswatini in die 144ste plek uit 187 lande. Eswatini is 'n lidland van die Afrika-unie, Beweging van Onverbonde Lande, Britse Statebond, Gemeenskaplike Monetêre Gebied, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Verenigde Nasies. Eswatini is een van min lande wêreldwyd wat die Republiek China op Taiwan ten spyte van groot druk deur die Volksrepubliek China as 'n selfstandige land erken.[7]
Die eerste inwoners van die hedendaagse Eswatini was sedert 25 000 v.C. die Boesmans wat vir hul rotstekeninge orals in Suider-Afrika bekend staan en veral jagter-versamelaars was. Die Bantoevolke het sowat 1000 jaar gelede Suider-Afrika binne beweeg en hulle hier as landbouers en veewagters gevestig. Die land se bevolking bestaan veral uit Swazi's en hul taal is Swati, ook bekend as Swazi. Onder leierskap van Ngwane III het hulle in die middel van die 18de eeu hul koninkryk gestig.[8] Beide die land en die volk is na Mswati II, die 19de-eeuse koning wat die koninkryk verenig en uitgebrei het, genoem; die hedendaagse grense is tydens die Wedloop om Afrika in 1881 bepaal.[9] Na die Tweede Vryheidsoorlog het die koninkryk in 1903 'n Britse protektoraat geword. Op 6 September 1968 het die land onder sy destydse naam Swaziland van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword.[10] Eswatini is 'n unitêre parlementêre absolute monargie binne die Statebond met 'n eie monarg (Ngwenyama) as staatshoof. Eswatini is een van slegs vyf lande binne die Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander vier is Broenei, Lesotho, Maleisië en Tonga).