Ethelbald van Wessex

Ethelbald
Koning van Engeland

Huis Wessex
Regeer 856860
Voorganger Ethelwulf
Opvolger Ethelbert
Eggenote Judith
Kinders
Gebore 834
Oorlede 860
Vader Ethelwulf
Moeder Osburga

Ethelbald (ca. 834860) was van 856 tot met sy dood koning van Wessex en Kent.

Hy was die tweede oudste seun van koning Ethelwulf. Hy het sy pa van die troon gedwing en het in 858 met sy stiefma, Judith, getrou. Sy was ’n dogter van Karel die Kale, koning van die Frankiese Ryk.

Die huwelik is nietig verklaar weens die verwantskap en Karel het sy dogter beveel om terug te keer na Frankryk, waar sy in ’n klooster gaan woon het. Van hier is sy later ontvoer deur Boudewyn I, Graaf van Vlaandere. Uit hul verbintenis het ’n stamboom ontstaan waaruit die latere koningin Mathilda van Vlaandere, die vrou van Willem die Veroweraar, gekom het.

Ethelbald is in 860 dood[1] en is opgevolg deur sy broer Ethelbert.

  1. Burke's Peerage & Gentry Geargiveer 28 Desember 2007 op Wayback Machine URL besoek op 7 September 2007

Developed by StudentB